Seen jou gees - Boek
 

Seen jou gees - Boek

SKU MHS-SJG01
Die gees van die mens reageer as jy dit aanspreek. Wanneer jy dit ignoreer teer dit uit. Wanneer jy dit voed, sal dit groei.

Die waarheid is die voedingsmiddel wat jou gees kragdadig transformeer. Jou gees moet die waarheid ken van jou en van God.

In Romeine 8:14–16 staan daar geskryf: Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; …

Getuig die Gees van God saam met jou gees dat jy ‘n kind van God is? Hoe weet jy dit? Het jy dit al ondervind? Weet jy dat jy ‘n bestaansreg het en waarom jy dit het?
 
...

Hierdie boek is ‘n reeks seëninge wat ontwerp is om jou gees te laat groei. Daar is 40 seëninge uit die perspektief van jou Vader wat jou identiteit en bestaansreg van nader beskou. Daarna, as jy jouself sien soos God jou sien, nooi Hy jou uit om Hom te sien. Daar is ‘n verdere 21 seëninge wat vloei uit die name van God.

Aan die einde van die boek is daar Skrifgedeeltes wat spesifiek verwys na emosies en vaardighede van die gees van die mens. Daar is so ‘n klem op die werk van die Heilige Gees dat baie mense geen teologie oor hul eie gees het nie alhoewel die Woord duidelik is dat ons gees, siel en liggaam is.

Ons moet daarop fokus om met ons gees en dié van ander te praat en God vra om in ons lewens hope uitdagings, koestering, stimulasie en leiding aan die gees te gee. ’n Persoon se gees behoort oor die siel te heers en dit gebeur nie sommer vanself of per ongeluk nie.

Om met die Gees vervul te wees, beteken dat jou gees, siel en liggaam deurdrenk is en beheer word deur God se Gees in jou. Wanneer jou gees deur sy Gees beheer word en dus heers oor jou siel, word jou hele wese gelykvormig aan God se bedoeling en sy voorneme vir jou.

Hierdie boek wat oorspronklik uitgegee is onder die titel “Blessing Your Spirit” geskryf deur Arthur Burk en Sylvia Gunter is ‘n baanbreker hulpmiddel.
    Your Price(Vat Incl) R 180.00
    Quantity